Anton Goosen is net betyds om die bekende Waterblommetjies te kom sing in die Boland. Aanhangers van die rou aardsheid van sy homegrown musiek kan uitsien na al sy gewilde liedjies en vertellinge plus sy nuwe album PADKOS waaraan hy ses jaar lank gewerk het en te koop sal wees. Kom luister na al die ou bekendes en ontmoet die musieklegende op 7 September om 20:00 by Brdienghuis in Wellington. Pizzas en drankies vanaf 18:00. R120. Bespreek by Quicket of teater@breytenbachsentrum.co.za.
Category: events
ROKKIE
Wineland Vitamins @Brdienghuisbied aan
ROKKIE
Een van vanjaar se toonvenstervertonings by die Suidoosterfees wasRokkie,die verhaal van n 50-jarige transgenderpersoon van die Kaapse Vlaktes. Die gordyn open op die dag waarvoor sy al jare wag: haar gender reassignment.
Sy deel van haar mees intieme herinneringe met ons: haar ouers, haar ma se krel, die liefde van haar lewe, haar eerste beauty pageant, tyd op die straat en haar soeke na identiteit.Rokkieis n hartseerstorie, maar ook vol hoop.
Die skrywer is Denver Breda, n taal- en kultuuraktivis, skrywer, fotograaf, akteur, digter en feesorganiseerder. Hy is vasbeslote om te baklei vir die bewusmaking en herlewing van ons Khoesan-tale asook die voortbestaan van Afrikaans en sy verskillende dialekte, soos Kaaps, Plattelandse Afrikaans (soos gehoor deur die stories van sy moeder, wat oorspronklik van Graaff-Reinet is en toe as 19-jarige in die Kaap kom werk het as huishulp) en sy eie weergawe: Plattekaaps.
Met akteur Charlton George (van televisiereekse Sara se geheim en nou in Fynskrif. Ook bekroon beste akteur vir Rokkie by SOF18). Regie Lee-Ann van Rooi.
Bostaande uittreksel is uit onderhoud gevoer met Denver Breda. Volledige artikel https://www.litnet.co.za/suidoosterfees-2018-rokkie-n-onderhoud-
24 en 25 Augustus by Brdienghuis, Wellington om 20:00. R100
Pizzas en drankies vanaf 18:00
Besprekings Quicket of teater@breytenbachsentrum.co.za
In samewerking met NATi en Die Suidoosterfees
The Inside Job
The Inside Job is an alternative indigenous rock band from Paarl, formed in 2009. Each band member has more than 12 years of live experience in the music industry.
Band members: Drummer Melony Phoenixx, brings along a rebellious image and sound. Her brother, Lionel John, entertains with his versatile voice and Shawn Adams brings a party element to the performance. Together they make Paarlites proud when they rock the Paarl Rock. The band’s music ranges from hardcore to funk and ballads.
The Inside Job has been support acts for Karen Zoid, Jack Parow and Valiant Swart, to name a few. In 2012 they competed against 48 bands in a national Battle of the Bands and finished 2nd.
I’ve heard a lot of bands, but never a group that has the flexibility
to stretch beyond the realm of the ordained cathedrals of Rocking The Daisies or Oppikoppi.
Don’t pass this band by, lest life passes you by… – Shiloh Noone (Rock Author / FMR Radio Presenter / Shindig Magazine)
Catch the Inside Job at Brdienghuis, Wellington on Saturday 28 July from 20:00
Pizzas and drinks for sale from 18:00. Tickets: Quicket or teater@breytenbachsentrum.co.za
Book NowHA!Man se REIS NA HIER
Francois le Roux, oftewel “die HA!Man” (so genoem as gevolg van sy spontane manier van musiekmaak)
keer terug na die Breytenbach Sentrum (sy vorige optrede hier was met die vrystelling van Carina Stander se eerste digbundel (Die vloedbos sal weer vlieg). hierdie keer is dit saam met sy lewensgesellin en ook verhoog-partner, Joke Debaere.
Wat die gehoor met hierdie HA!-optrede (Reis na Hier) kan verwag is ‘n vrye vloei van uitrdrukkinge of “items” wat telkens geimproviseer word. Francois se hoofinstrument is die tjello, maar hy span ook klavier, klein fluite en liggaamsbeweging in om die “HA!” – of innerlike gevoel – in die oomblik uit te druk. By tye neem Joke plaas agter die mikrofoon en begin sy f voorlees f spontaan posie te skep saam met die musiek. Haar woordgebruik is hoogs musikaal en val intutief saam met Francois se improvisasies. Elemente van toneelspel kom ook na vore (sy is n Maastricht toneelskool afgestudeerde wat haar eie toneelgeselskap “Het Zesde Bedrijf” in Belgie bestuur het). Daar word ook geput uit ‘n groot poel van oorspronklike elektroniese begeleidings, op sigeself spontaan-gebasseerde opnames wat ‘n ryke verskeidenheid van musiekstyle en klankteksture verteenwoordig. Projeksie van filmmateriaal wat op hul reise versamel word voeg ‘n verdere dimensie van hul kreatiwiteit by.
Dei HA!Man se rare toewyding aan n loopbaan van spontane musiekmaak strek reeds vanaf 1992. As musikale regisseur het hy reeds vir groot oomblikke in onder andere Kaapstadse Artscape (Woman of the Year Award Ceremony 2001,2) en Baxter Konsertsaal (FlorHA!), die Royal Albert Hall in Londen (Ukkasiefees, 2004) en die Voortrekkermonument (60-jarige feeskonsert, 2009) gesorg. Op die literre front skep hy die Woordfees multi-media-produksie En moenie my servet opeet nie saam met die Belgiese digter en skrywer, Andy Fierens (2008). In 2003, gee Breyten Breytenbach toestemming dat van sy liefdesgedigte deur Grethe Fox voorgedra mag word in nog n produksie saam met Andy, getiteld Driepunt Posie. Hiervoor skep hy n vollengte simfoniese klankbaan watn keur van Afrikaanse en Vlaamse gedigte tot n ekstatiese geheel voer. Ander samewerkings met spesiifiek Wes-Kaapse kunstenaars sluit in My Oog, Jou Snaar (Strijdom van der Merwe) en gereelde volledig-gemproviseerde konsertuitvoerings (kitaarspeler Derek Gripper en violis Rayelle Goodman).
Kom ervaar HA!MAN se REIS NA HIER by die Brdienhuis op 20 Julie om 20:00. Pizzas en drankies te koop vanaf 16:00.
Besprekings by Quicket of teater@breytenbachsentrum.co.za
Vir meer, besoek www.hamanworld.com
Book Now
MYNHARDT KOOK PETER VELDSMAN
SONDAG 27 AUGUSTUS 11:30 Mynhart se huisrestaurant in die Paarl.
5-gang maaltyd met wyn ingesluit. R700 per person
Kosmense uit n vorige geslag het al baie gewens dat hulle tog net een keer met Leipoldt kon praat en sy menswees beleef. Op 27 Augustus, oor n heerlike middagete, kan die huidige geslag darem nog kans kry om saam met Peter Veldsman te kuier en na sy wonderlike lewensverhaal te luister.
In die skadu van Paarlberg naby die stasie staan Mynhardt Joubert se pragtige historiese huisrestaurant. Dis hier waar hy sy keuse van Peter Veldsman se kosskeppings gaan opdis met dalk hier en daar n klein verrassing. Borde kos wat liggaam en gees sal voed en jou hart sal laat sing.
Spyskaart volg.
Peter Veldsman
Peter was 16 jaar lank die kosredakteur van SARIE en het n groot rol gespeel om die Suid-Afrikaanse gasvrou met selfvertroue te laat onthaal. Hy was ook vir 21 jaar die eienaar van die bekende Emilys en is in 2016 met die Lannice Snyman Lifetime Achievement Award bekroon. Tot op hede het hy 11 kookboeke die lig laat sien, waarvan sy mees onlangse een: WAT DIE HART VAN VOL IS
Myhardt Joubert
Mynhardt se kosreis begin by Bar Bar Blacksheep in Riebeek Kasteel waar hy unieke geurkombinasies en disse van plaaslike produkte geskep het. Na 5 jaar hang hy dr sy voorskoot op en skryf in vir die Groot Kokkedoor realisteitsreek waar hy en sy vennoot Tiaan as wenners verkies word. Te midde van van die tweede reeks, Makietie, nader KWV hom om as ambassadeur op te tree en tussendeur laat hy die potte dans in sy huisrestaurant.
Nog inligting en om te bespreek packages@winelandvitamins.co.za
www.winelandvitamins.co.za
FB: Wineland Vitamins
Twitter: @winevitamin
Lesser Spotted Wines
Calling all wine lovers who want to be exposed to individual winemakers and their creations.
On Saturday, 25 March from 10:00, you will be able to experience and enjoy some lesser known wines of the Paarl region and interact with the winemakers.
A sprinkling of garagiste, some micro-producers and other boutique wineries, not open on a daily basis to the public, will be offering their wines for tasting and buying.
Some labels included are Olsen Private Vineyards, Taillard, Painted Wolf, Black Pearl and Eenzaamheid to name a few.
Entry will be R80 (includes a glass) to taste about 30 wines and can be bought at Frater Square on the day.
25 March 10:00 15:00, Frater Square, 40A Main Street, Paarl.
Contact Trudy Oosthuizen 082 896 9863
Sterling
Full Moon Valentines Concert
Multiple award-winning instrumental pop trio with an extraordinary fusion of virtuosity and fresh beats
Date: Staterday 11 February 2017
Time: 18:00
Price:R165
Food and drinks for sale not picnic baskets or own drinks.
Four Friday Feasts
Join Chef Mynhardt in his house restaurant for a 5-course menu paired with KWV mentors wines, Cruxland Gin and fine Brandy plus a surprise live performance.
Date: 18 & 25 November 2016 | 2 & 9 Desember 2016
Time: 18:30
Venue: Chef Mynhardt’s House Resaurant, Station Street, Paarl.
Cost: R600 pp all inclusive (10 pax minimum)
Bookings: packages@winelandsvitamins.co.za or 082 896 9863